|
English |
|
|
| |
|
|
|
Ouma Hannie en Emily
Hobhouse se borsspeld |
|
|
|
Sommer vroeg in die aanloop tot die herdenking van die Tweede
Vryheidsoorlog het 'n grootse oomblik aangebreek toe 'n borsspeld
wat aan Emily Hobhouse behoort het, aan Aksie
Vrouekrag oorhandig is vir veilige bewaring vir die nageslag.
Die skenker, Petro Joubert, vertel self:
|
|
|

Fotobyskrif:
Emily
Hobhouse |
Ek is Petronella Joubert, gebore Viljoen. Ek is 'n kleindogter van wyle Johanna
Susanna Viljoen, 'n nooi Pieterse, wat op 20 Augustus 1873 gebore en op 28 Januarie 1939
oorlede is. Ons het haar Ouma Hannie genoem.
Wyle Ouma Hannie was getroud met wyle Oupa Jan Daniël Viljoen, wat in die
distrik Marquard op sy plaas, Tappelshoek, geboer het. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is
hy na Ceylon verban.
|
|
|
|
Ouma Hannie was
in die Brandfort-konsentrasiekamp. Emily
Hobhouse het die kamp besoek en bemerk dat Ouma Hannie se manteltjie gedurig in die
bittere koue van haar skouers afgegly het. Sy het haar eie borsspeld afgehaal en Ouma
Hannie se mantel daarmee vasgesteek.
Ouma Hannie het die borsspeldjie aan my oorlede moeder, haar skoondogter, gegee,
van wie ek dit geërf het. Ek skenk die borsspeldjie aan mev. Lucia van den Berg van Aksie Vrouekrag, om dit in 'n argief in veilige
bewaring te hou vir die Boere-nageslag.
|
| |
|
|
| |
|
|
 |
Brandfort-konsentrasiekamp 15 550 Vroue en
kinders sterf
Die kamp by Brandfort het ook
bekend gestaan as Dwyersdorp. Dit is skrams buite Brandfort geleë. Hier is 'n Tuin van
Herrinnering geskep ter ere en nagedagtenis van die 15 550 Boervroue en kinder slagoffers
van die swak toestande in die Britse konsentrasiekamp. Die stemmige senotaaf het 'n
hartroerende aanhaling:
"Rus in vrede tere bloeisels,
offer van die storm
want uit welke moedertrane
is die steen gevorm" |
|
| |
|
|
Ander
Vrystaatse konsentrasiekampe
|
| |
|
| |





|