|
Die embleem bestaan uit die Vrouemonument in die agtergrond, met 'n ruiterbeeld
op die voorgrond. Hierdie beeldsamestelling word omsluit met die vlae van die
Zuid-Afrikaansche Republiek aan die regterkant en die Republiek van die Oranje Vrijstaat
aan die linkerkant. Die vlagstokke en gedenknaald van die Vrouemonument wys na 'n
gemeenskaplike punt in die ruimte bokant die gedenknaald. Die vlae loop aan die onderkant
van die beeldegroep ineen agter 'n lint waarop die leuse:
Vir vryheid en vir reg vertoon
word.
Twee variasies van die embleem is beskikbaar; een met 'n omranding bestaande uit
'n sirkel wat lui: Honderdjarige Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog,
1899-1902. So word die embleem aangewend as 'n geleentheidsembleem, spesifiek vir
die honderdjarige herdenking van die oorlog.
Die tweede variasie bevat nie die omranding nie en vorm 'n tydlose
vryheidsembleem, wat nie beperk is tot hierdie herdenkingsgeleentheid nie. Die simboliek
bly in albei gevalle dieselfde.
|