Werfkaart
Konsentrasiekampe
Transvaal
OVS
Kaap
Natal
   
Sitemap
Concentration Camps
Transvaal
OFS
Cape
Natal

Concentration camps during the Anglo Boer War

Soek|Search

 
LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief en die inhoud is laas in 2001 opgedateer...Hersien: 12 Februarie 2008
NB: This site is part of ARKpark's archive and the content was last updated in 2001...Revised February 12, 2008
 

English  
   

Klerksdorp-konsentrasiekamp

 

Die treinrit vanaf die Klerksdorp-konsentrasiekamp na Merebank soos beskyrf deur
'n ooggetuie Mev Hester Jacobs

 
   
   

Kliek duimnael vir groter weergawe
Treinrit vanaf die Klerksdorp-konsentrasiekamp
 

Foto: Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Engelse plase en dorpe vernietig en vee en gesaaides verwoes. Die vroue en kinders is op oop bees- of steenkooltrokke na die konsentrasiekampe vervoer. Daar was geen kos, water, medisyne of private geriewe nie.

 
   

Sewe dae van ontbering, lyding en vernedering

 
 
  • 14 September. Klerksdorp konsentrasiekamp: Mev Hester Jacobs skryf:

"Dié môre is ons aangesê om die aand op die stasie te wees om saam met driehonderd vroue en kinders na Natal te vertrek. Ons het ons tante, Bettie van Rensburg, gegroet naas die bed van haar sterwende kindjie."

"Een van ons niggies, Miemie Kies, het ons gegroet by die lykie van haar kindjie -- die tweede wat sy moes afgee. Later het sy nog 'n kindjie verloor."

"'n Vriendin het ons by haar siek seuntjie gegroet. Mev Borman, wie se kindjie tydens die rondtrek van die konvooi gebore is, het toe ook al twee kinders moes afgee."

"Dit het ons harte laat inmekaar trek om ons vriendinne onder sulke omstandighede agter te laat en self met siek kinders na die trein te moet gaan. God het alleen geweet waarheen en wat daar van ons sou word." (Mag ons vergeet? – E Neethling).

 
  •  Vuil beestrokke

Die vroue, kinders en oumense is altyd in vuil bees- of koletrokke vervoer. (sien foto hierbo) Hulle het soms van hulle klere geneem om die beesmis uit te vee.

In hierdie trokke het die mense die grootste ontberings verduur. Bedags is hulle amper velaf gebrand deur die versengende sonstrale, aangesien daar geen sprake van 'n koel luggie tussen die trokwande kon wees nie. Snags, veral in Junie, Julie, Augustus en ook September in die Hoëveld, het hulle byna verkluim.

Hulle is gereeld in die middag trein toe, moes die nag op die trein deurbring en die volgende dag het die trein dan vertrek. Daar in die trokke moes hulle bly sonder kos, water of medisyne.

Op 'n lang reis soos na Merebankkamp was hulle tot sewe dae op die trein, maar mag die trein nie verlaat het nie. Die trokke was toegeketting en daar was altyd kakie- of swart soldate om hulle op te pas.

 
  • Huil van honger

Die arme kindertjies het die ergste gely. Hulle het van koue, honger, dors en ontbering gehuil en die moeders was magteloos. Op 'n paar dae lange rit het hulle nou en dan droë hopbrood gekry om te eet.

Dikwels het gietende reën op die vroue, kindertjies en bondeltjies besittings neergestort en is hulle deurweek van die reënwater. Die klere moes maar so aan hulle lywe droog word.

Waar vuil, swaar bokseile beskikbaar was, was dit of vol gate of dit was so dig en bedompig as dit oor die trok getrek is, dat die vroue wou versmoor of verstik en hulle dit moes losmaak of stukkend sny.

Die vroue kon nie in die treine rus of slaap nie, want daar was tussen dertig en vyftig mense in 'n trok, wat normaalweg vir die vervoer van vyftien beeste gebruik is!

Verder was daar natuurlik geen privaatgeriewe op die trokke nie en moes hulle maar so voor almal die natuurwet gehoorsaam. In die teenwoordigheid van kinders en opgeskote seuns het bevallings op die trokke plaasgevind, met noodlottige gevolge vir baie van die moeders en die babatjies. Ek wonder waar daardie moeders en babatjies begrawe is…

Emily Hobhouse skryf: "The people, most of whom were unfit to travel, were sent to a marsh in Natal like Merebank, or carried infection to a healthy camp like Howick... they were exposed to poignant sufferings on the journey."

   

Hoe beskryf 'n mens sulke behandeling van vroue en kinders? Hardvogtig, gevoelloos en barbaars!

De Camp Courant
Op / Up
Nylstroom
Klerksdorp

 

•  • De Camp CourantOp / UpNylstroomKlerksdorp

 

ADSA Gratis Advertensies

 

Gratis Advertensies

ADSA vir Klein Advertensies

ARK Web Design © 1998-2008

ARK Webontwerp © 1998-2008

 

 

ADSA, Media, Bybel vir aflaai. Engel met God se Woord, die Bybel

 

Bybel vir Aflaai

Download Bible