| |
Lees en leef mee |
- Die vrou in die Anglo-Boereoorlog deur Pets
Marais
'n Groot verskeidenheid nuwe boeke oor die Tweede Vryheidsoorlog verskyn deesdae op
die winkelrakke; pragtige, waardevolle boeke wat ons weer opnuut trots op die
Afrikaner-navorser en -skrywer maak. So 'n boek is
Die vrou in die Anglo-Boereoorlog
1899-1902 deur Pets Marais. Die skrywer gee vir ons in hierdie boek 'n alles-omvattende beskrywing van die
wese, karakter en lewenswyse van die vrou op die plaas en in die dorp, die wegvoering na
en die verblyf in die konsentrasiekampe, asook die terugkeer van die wat die kampe oorleef
het. Sy beskryf die vroue van die joiners, uitstaande vrouefigure, vrouespioene
Dit is 'n boek wat baie lekker lees. |
| |
- Kleredrag tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 deur
A Malan en A Carelsen
Hierdie boek gee 'n pragtige en volledige weergawe van die kleredrag van 100 jaar
gelede met besonder mooi en duidelike foto's. Vir meer inligting sien:
Herdenkings |
| |
- Tibbie deur dr. Elbie Truter
Tibbie deur dr Elbie Truter vertel
die lewensverhaal van Rachel Isabella Steyn, gewilde en geliefde vrou van president MT
Steyn van die Oranje-Vrystaat. In hierdie lywige werk, waarvan meer as die helfte uit briewe bestaan, maak die
leser ook kennis met die persoon van president Steyn, en die strewes van hulle tydgenote.
Dit is tans een van die bes nagevorste biografieë op ons winkelrakke! |
| |
- Mag ons Vergeet deur Mev E
Neethling.
(Let wel: Hierdie boek is nie vir diegene wat wil vergeet
nie) |
| |
|
Die skrywer, prof Andries Raath, het besluit dat hy graag saam met die
Vrouegedenkboek 'n volledige lys van alle inwoners van die 45 konsentrasiekampe landwyd,
wil publiseer. Hierdie inligting moet egter op rekenaar gesit word en daarvoor benodig hy
persone met draagbare rekenaars in Pretoria, die Kaap, Bloemfontein en Natal. As daar
iemand is wat hiermee kan help, skakel asseblief mev H Samuel by (051) 436-3465
(Bloemfontein). |
| |
| |








|