Werfkaart
Konsentrasiekampe
Transvaal
OVS
Kaap
Natal
   
Sitemap
Concentration Camps
Transvaal
OFS
Cape
Natal

Concentration camps during the Anglo Boer War

     
Revised: July 4, 2017 ** Hersien: 4 Julie 2017
LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief
NB: This site is part of ARKpark's archive

Nuwe Boeke bygevoeg in 2017 New Books added in 2017

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

English  
 

Merebank: die konsentrasiekamp in ‘n moeras
(deur Elsie Papenfus)
(Inligting soos voorsien in De Camp Courant nommer 6)

 

Die treinrit na Merebank-konsentrasiekamp
Kliek duimnael vir groter weergawe
Fotobyskrif: Die treinrit na Merebank-konsentrasiekamp

 

Een van die redes vir die hoŽ sterftesyfer in baie van die konsentrasiekampe was die groot konsentrasie mense in 'n beperkte ruimte.

As gevolg van druk op die Britse militÍre owerhede oor die geweldige aantal sterftes in die kampe gedurende die winter van 1901, is besluit om van die kampe in die Transvaal en Vrystaat te verklein en nuwe kampe in Natal te vestig.

Kampe in Natal en die Kaap sou ook bevoorrading en administrasie vergemaklik.

In weerwil van beloftes dat vroue en kinders nie uit hulle oorsponklike omgewing verwyder sou word nie, is 'n kamp by Merebank, naby Durban, opgerig. Kampowerhede het hierdie geleentheid aangegryp om van hulle sogenaamde probleemgevalle na Merebank te verplaas.

Die kamp is op 13 September 1901 geopen. In Desember 1901 het die Vrouekomitee, deur Engeland aangestel op Emily Hobhouse se aandrang, die kamp besoek en dit onbevredigend bevind. Die kamp was in 'n laagliggende, moerasagtige omgewing. Aanhoudende reŽn het modder, klammigheid en siektes veroorsaak. Die tente was baie naby aan mekaar en 6 tot 9 mense is in 'n tent gestop. Die meeste inwoners was Transvaalse HoŽvelders en was nie die klam, nat toestande gewoond nie. Masels, maagepidemies en kinkhoes het voorgekom.

Na aanleiding van diť klagtes is ‘n kommissie in die lewe geroep om die mediese toestande in die kamp te ondersoek. Dit het uit hoogstaande Engelse mense van Durban en omgewing bestaan wat dan kwansuis die kommissie moes aansien gee.

Uiteraard was hulle opmerkings baie meer positief as uit diť van die Vrouekomitee. Volgens hulle was daar voldoende watertoevoer na die kamp en dit was naby aan die spoorlyn, wat bevoorrading vergemaklik het. Daar was nie malaria in die gebied nie en die kamp was hoog genoeg geleŽ, sodat winde die gebied kon skoonwaai. Daar was goeie dreinering, aangesien die kamp teen 'n skuinste was. Die emmerstelsel het vir goeie sanitasie gesorg. Hulle aanbeveling aan Milner was dat Merebank die beste plek in die omgewing vir 'n kamp was. Die stellings van die Vrouekomitee was volgens hulle "highly coloured".

Ten spyte van die knaende klammigheid, was die inwoners hier meer gelukkig as in die Transvaalse kampe. Volgens mev Anna KIopper was daar baie meer siektes en sterftes in Krugersdorp se kamp. Mnr PJ Snyman van Belfast het getuig dat die verandering sy hele gesin goed gedoen het en dat die mense gesonder was as diť in Belfast en Middelburg. Ds RTH Enslin het oor die hitte en afwesigheid van melk en mielies gekla, maar erken dat sy kinders gesond was en dat daar meer klagtes uit die ander kampe gekom het.

Gedurende die 10 maande van sy bestaan het Merebank-kamp tussen 5000 en 8000 inwoners gehad. Daar is 405 grafte in die kampkerkhof wat bewys dat die sterftesyfer hier heelwat laer was as in sommige Transvaalse kampe.

 

"Toe kom ons by Merebankkamp in die wildernis”

 

Mev Z Joubert van Elandsfontein, Carolina skryf: "Op pad van Belfastkamp na Merebank, toe ons op Balmoralstasie kom was my suster daar, maar sy mag my nie gegroet het nie.

"In die gesprek het sy my vertel dat daar 'n hospitaaltent verbrand is en ook 'n paar kinders en ek het haar vertel van die vrou wat geskiet is en ook twee kinders, maar ons had geen tyd meer."

Verder vertel sy van Merebankkamp "Aan die duskant van 'n lopie is 'n vlei. Daar was 'n klein vrouekampie. Aan die oorkant was ons tente opgeslaan . . . en sonder kos moes ons maar gaan slaap en die grond is nat."

"Behalwe die tente was die kamp verdeel in blokke wat bestaan het uit langsinkhuise wat verdeel was in klein kamertjies en wat bedags moordend warm was. Om tienuur soggens moes ons 'n halfuur ver loop om brood te kry en om twee-uur weer loop vir vleis."

"Die brood het van Durban gekom. Dan dra kaffers dit op hulle kale skouers aan."

Dit was so min dat hulle dit opgeŽet het voordat hulle vleis gekry het. "Bok seile is oopgetrek en daarop lÍ die vleis so in die warm son. Dikwels was die vleis onsuiwer, maar dit was niks -- honger is 'n vreeslike ding!"

  • Geen klere

Verder vertel mev Joubert dat daar vroue was wat niks gehad het nie; geen kouse of skoene en byna nakend. een vrou se kaal liggaam het uitgesteek deur die bloes en rok wat sy aangehad het, verder niks meer nie. Hulle het toe onder mekaar vir haar klere bymekaar gemaak...

Tot 8000 mense was in hierdie kamp! "Van my skoonsuster is twee kinders in een nag dood, en dieselfde nag ook 'n ander skoonsuster."

  • Grafte vol water

"Die kerkhof was nie ver van ons tente nie. Die doodwaens gaan na aan ons verby. As kinders miskien sterf sonder dat hulle van die doktersmedisyne gebruik het, dan wil hulle nie toelaat dat die kinders moet begrawe word. As die lyke by die kerkhof kom, dan is die grafte al vol water. Dan moet dit eers leeggeskep word."

Wat 'n moeras moes dit nie gewees het nie!
(Stemme uit die Vrouekampe)

 

Hensoppers

 

"Ons het partymaal baie pret met die 'kieriemeide', soos ons die hensoppers genoem het, gehad wat by die hekke op wag moes staan.

Twee of drie huisgesinne maak 'n afspraak om na die see te gaan, maar g'n enkele een wil 'n permit gaan vra nie. Ons kyk ons kans af om weg te loop en deur die draad te kruip, op verskillende plekke totdat die wag heeltemal radeloos was.

Ons het soms in die see geswem en dan weer deur die draad gekruip terug kamp toe.

Eenmaal het ons maklik deur die hek gekom met 'n doktersresep wat ons langs die pad opgetel het! NÍrens langs daardie deel van die kus was die gesig mooier as van die heuwel by Merebank nie."

Gelukkig was daar twee predikante, ds Enslin en ds Van Belkum, wat Sondae die diens waargeneem het. Sondagmiddag het ons Sondagskool gehou. Daar was sowat 20 onderwyseresse en onderwysers. Ek het met my groep na 'n washuis gegaan en menige uurtjie saam met die jongetjies deurgebring.

Daar was 'n skool en die kinders moes Engels leer. Eenmaal het ons konsert in die skoollokaal gehou. Die mense het so verlang om musiek te hoor dat hulle mekaar amper by die deur vertrap het."

Toe kom die aankondiging van die vrede, Mei 1902. "Niemand wou 'n woord daarvan glo nie. Ons vise-president, Schalk Burger, moes eers kom. Hy het op die veranda van die kantoor gestaan en ons in duisendtalle voor hom en om hom.

"Dit het sy hart so seer gemaak dat die trane oor sy wange loop. 'n Paar het flougeval en moes weggedra word."

Nou weer na die stasie vir die reis terug huis toe: "Ag, wat 'n jammerlike skouspel! Omtrent driehonderd vroue en kinders, party al vroeg daar om die trein tog nie te mis nie. Die meeste had nie meer behoorlike kleding nie en net een bondeltjie in die hand.

Ja, en onder hulle was van die edelste en deftigste moeders, van die vernaamste vroue in ons land. Almal, sonder onderskeid, moes in rye agter mekaar staan en wag om in die trein te stap. Dit het tot twaalfuur geduur . . . almal moes in derdeklas rytuie ry… (Mag ons vergeet? - E Neethling).

 

Doodkry is min!

 

  • Treinreis na Merebank

Klerksdorp se kamp: Dis 'n aaklige koue dag. Die tentjies is deurweek en buite is dit pure modder. Miemie sit alleen in die tentjie.

"Mej Pretorius, jy word aangesÍ om mŰremiddag, die 14de September, op die stasie te wees met al wat jy het. 'n Paar honderd van julle kwaaistes word Natal toe gestuur!"

Die kindertjies klou angstig aan die grootmense se rokke vas en struikel met bewende beentjies saam. Op die stasie word hulle plekke op yster-beestrokke aangewys. Dit begin nou weer reŽn. Daar is 'n vuil seil vol gate. Kort-kort bulder die wind met geweldige vaart. Hulle bid en smag die nag om.

Toe dit uiteindelik lig word, bedaar die wind. Hulle kyk uit oor die kamp. Wat 'n droewige skouspel: byna die helfte van die tente lÍ omgewaai. Diť nag was daar meer sterfgevalle in die kamp as ooit in een nag tevore… O Heer, hoe lank moet ons nog ly vir vryheid en vir reg?

Die trein kom in beweging. Onder snikke en geween kom die Vierkleur te voorskyn. Eers net een, toe meer, totdat daar by die twintig vlae van alle groottes wapper. Daar is besieling en uit volle bors sing die vroue: “Dat vrije, vrije volk zijn wij!"

Al is hulle gevangenes, so lank die mans nog veg, is die volk nog vry!

Toe kom die son uit; 'n lieflike lenteson met sagte kleurebestraling!
('n Merk vir die Eeue - TC Pienaar)

**Dank aan mev Ina van Rensburg vir inligting oor Merebank

 
 


Kliek duimnael vir groter weergawe
Klas 16 van die Merebank-konsentrasiekampskool in hulle beste klere uitgevat voor die skool. Die trotse Boerevroue het altyd gesorg dat hulle so netjies as moontlik lyk, wat ook al die omstandighede.

 


Kliek duimnael vir groter weergawe
Fotobyskrif: Vroue en kinders van Merebank-konsentrasiekamp ontvang rantsoene in April 1902. 

 


Kliek duimnael vir groter weergawe
Fotobyskrif: Aanskou 'n Geskiedkundige oomblik. Die vroue in Merebankkamp kon nie glo dat die oorlog verby is voordat die waarnemende president van Transvaal, Schalk Burger, dit persoonlik vir hulle kom sÍ het nie.

 
 

 

De Camp Courant
Op / Up

 

•  • De Camp CourantOp / Up

 

 

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

Swallow Software at swallowsoftware.arkpark.net
swallowsoftware.arkpark.net
Calgary, Alberta

piazza.arkpark.com

ARK Webontwerp © 1998 - 2017
ARK Web Design © 1998 - 2017

Engel met God se Woord, die Bybel

 

Bekering

Bybelteks

Bible Text