|
Prof. Andries Raath van Bloemfontein, stel 'n unieke hardeblad
koffietafelboek saam. Dit handel oor die lot en lyding van vroue en kinders voor,
in, en
na die konsentrasiekampe, in al vier die provinsies. Pragtig geïllustreer met briewe,
foto's en beskrywings. Sien ook ons
leesstofblad.
- Stigting van vrouekomitees
Daar word gepoog om vrouekomitees op elke dorp te stig.
Hulle sal behulpsaam wees om die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog 'n reuse sukses
te maak. Hou ons datumblad dop vir gebeure
Die Vrouekomitee probeer kontak maak met vroue op die verskillende dorpe met die oog op
die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog. Al was daar nie 'n konsentrasiekamp op u
dorp nie, is die plase, en waarskynlik ook die dorp, deur die vyand verwoes, en het die
plaas- en dorpsvroue van u omgewing ook baie ontberings moes deurmaak.
Skryf asseblief om kontak te maak.
As u enige geskiedkundige foto's of foto's
van monumente met betrekking tot die konsentrasiekampe of dagboekaantekeninge
van kampslagoffers aan die
ontwerper van hierdie webwerf wil skenk, sal
dit besonder waardeer word. |