Werfkaart
Konsentrasiekampe
Transvaal
OVS
Kaap
Natal
   
Sitemap
Concentration Camps
Transvaal
OFS
Cape
Natal

Concentration camps during the Anglo Boer War

     
Revised: January 23, 2017 ** Hersien: 23 Januarie 2017
LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief
NB: This site is part of ARKpark's archive
Nuwe Boeke * New Books

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

Die Oos-Kaapse konsentrasiekamp, Uitenhage

 

Die Oos-Kaap is die wÍreld waarvandaan die Groot Trek in 1835 plaasgevind het.

Die mooi landstreek is deur die Oos-grenspioniers getem, maar soos in elke eeu, het die opbrengs van Boeresweet en -durf ook dŠŠr die Britse hebsug en die barbaarse verteringsdrang geprikkel.

Die afweer van Britse imperialisme en Afrika-barbarisme se gesamentlike aanslag is die vryheidstryd van ons volk.

In die Oos-Kaap het dit die vorm van die Groot Trek aangeneem; in die Vrystaat en Transvaal die Tweede Vryheids-oorlog.

En toe die magtige Engeland magteloos blyk om die handjievol Boere se geloofskrag te breek, rig hy sy oormag se visiere op die hulpelose vroue en kinders, en sy bajonette teen die weerlose hoenders en varke op die verlate en afgebrande plaaswerwe. So word tienduisende vernederde Boerevrouens en kinders in kampe saamgehok.

 

Die konsentrasiekampmonument by Uitenhage
Kliek duimnael vir groter weergawe

Fotobyskrif: Die konsentrasiekampmonument by Uitenhage bestaan uit nege muurpanele; een vir elkeen wat in diť kamp gesterf het, met die naam van die oorledene daarop. In die middel is die groot grafsteen met nege suile daarop, wat die ouderdom van die oorledenes uitbeeld.

 

Die kampe het op verskillende tye en plekke tot stand gekom. Port Elizabeth het in Desember 1900 begin en Uitenhage eers in April 1902.

Waarom dan nog 'n kamp in daardie laat stadium?

Teen die einde van 1901 was die hele wÍreld reeds bewus van die skokkend hoŽ sterftesyfer in die konsentrasiekampe. In Europa het dit bekend geword dat die rede hiervoor oorvol kampe, swak voeding, ondoeltreffende beskerming teen die bittere koue en skroeiende, droŽ hitte, gebrek aan water, onvoldoende mediese hulp en slegte sanitasie was.

  • Probeer werklikheid verbloem

Siektes soos masels, longontsteking en maagkoors het veral onder kinders epidemiese afmetings aangeneem. Kampsuperintendente en dokters het tevergeefs probeer om die werklikheid te verbloem, maar simpatieke persone in Europa en Engeland het die Britse oorlogsbeleid sterk gekritiseer.

Hierdie druk het die Britse parlement laat besluit om kleiner kampe te begin. Chamberlain, eerste minister van Engeland, het toe opdrag aan die hoŽkommissaris, Milner, gegee om, "ongeag die koste, kleiner kampe in die lewe te roep".

Op 14 November 1901 ontvang die goewerneur van die Kaapkolonie 'n telegram van Milner: “Sterftes in die Boere kampe is enorm en dit lyk asof ons daarvan sal moet verdeel. Sal dit moontlik wees en sal Kaapkolonie daartoe instem dat ons op vier of vyf gesonde plekke kampe oprig, langs die spoorlyn, ter wille van voorrade?"

  • Kaapse kampe

Drie kampe het in die Oos-Kaap vir hierdie doel tot stand gekom, naamlik Uitenhage, Kabusie en Oos-London, om verligting aan Vrystaatse kampe te bring. Hierdie kampe het onder die militÍre bewind van die Oranjerivierkolonie (Vrystaat) gestaan, en is deur die Departement Openbare Werke van die Kaapse Regering opgerig.

 

Die stadsraad van Uitenhage het op sekere voorwaardes die grond by Pannell's Mill vir ‘n konsentrasiekamp afgestaan. Een van die voorwaardes was dat die kamp so spoedig moontlik na die oorlog  ontruim moes word.

'n Groot probleem was die verskaffing van water; ťn 'n kamp vir 2000 siele moes opgerig word!


Kliek duimnael vir groter weergawe

 

Water is toe aangelÍ na die onbewerkte munisipale stuk grond wat gekies is omdat dit na by die spoorlyn was en op 'n veilige afstand van die dorp!

Ou militÍre hutte is per spoor na Uitenhage gebring en in 66 kleiner wooneenhede vir die gevangenes verdeel. Ander hout- en sinkgeboue is opgerig. Die kampsuperintendent, mediese offisier en matrone het elk in 'n huis gewoon.

Die kamp self was glo “the talk of the town", maar toe daar niks snaaks gebeur het nadat die inwoners daar aangekom het nie, het die belangstelling in die kamp afgeneem!

  • Opgevoede mense

Toe kon Uitenhage se mense self sien dat die vroue, kinders en ou mense gewone en opgevoede mense was, al was hulle gesondheid en kleredrag in 'n uiters swak toestand.

Handelaars het getender vir die voorsiening van kosvoorrade, en sů baat gevind by die kamp wat sewe maande bestaan het.

In April 1902 het 1019 Vrystaters in die kamp aangekom. In Mei het die getal gestyg na 2007 en in Junie na 2058, 'n maand na vredesluiting.

In Julie het die getal begin afneem na 1472  tot 26 in Oktober.

Volgens gegewens het die meeste mense uit die oorbevolkte kampe van Bethulie en Vredefortweg gekom.

'n Merkwaardige gesin in die Uitenhagekamp was die gesin van eerwaarde Otto.

As krygsgevangene is hy van Kaappunt na Bethulie, waar sy gesin was, teruggestuur. Hier, en later in die Uitenhage-kamp, het hy besondere geestelike werk onder sy mense gedoen.

  • Oorlede

Slegs nege persone is in die kamp oorlede. Die oudste was Johanna Nel, 57 jaar, en die jongste die Klopper-baba, 23 dae oud. Van die nege persone was ses kinders en drie volwassenes.

Die begraafplaas was aan die noordwestekant van die kamp en 'n mens moes deur die bosse loop om daar te kom.

Die Helpmekaarvereniging veral, en ander Afrikanerinstansies verdien die volk se dank vir die gereelde aandag aan die begraafplaas. Op 29 Maart 1924 is 'n gedenksuil in die kerkhof deur mev M van Onselen onthul.

'n Paar keer is probeer om boompies by die kerkhof te plant, maar dit het elke keer doodgegaan. Oor die jare het verskeie organisasies talle vergaderings oor die instandhouding van die kampterrein en kerkhof gehou. Hierdie konsentrasiekampgrond het uiteindelik Uitenhage se omheinde feesterrein geword!

Op 10 Oktober 1972 het die eerste minister, mnr BJ Vorster, die nuwe monument waar die nege gestorwenes herbegrawe is, onthul en die opening van die feesterrein waargeneem.

Die gedenksuil van die kerkhof is verskuif tot naby die gerestoureerde huis van die kampsuperintendent.

Hier word vandag elke jaar Geloftefees gehou en gedink aan die konsentrasiekamp en sy mense wat, aan die einde van die oorlog, toe die laaste kampbewoners vertrek het terug na hulle afgebrande huise en verwoeste plase, op die Uitenhage-konsentrasiekampterrein 'n groot tuin nagelaat het, vol groente wat nog nie ryp was nie.

***Die inligting in hierdie artikel kom hoofsaaklik uit die boekie, Uitenhage Feesuitgawe 1972, wat deur R du Plessis, JL Hattingh en PH Kapp saamgestel is. Die redaksie betuig ook dank aan dr JEI de Swart vir sy hulp.***

 

Vir nog meer inligting oor die Uitenhage-konsentrasiekamp lees die getuienis van persone wat self die wreedhede van die kamplewe beleef het.

 

  • Getuienis oor die Uitenhagekamp deur Mev Magdalena Maria Claase (Jacobs)

Mev Magdalena Maria Claase (Jacobs) vertel sy kom van die plaas Nooitgedacht tussen Bloemfontein en Edenburg. Haar vader het by generaal De Wet se kommando aangesluit en die hele gesin het saam met die kommando rondgevlug. Hulle is later gevang en na die Bethuliekamp gestuur. Sy praat ook van die kos en veral van die vuil roeswater wat hulle moes drink. Sy self was in haar twintigerjare en het rumatiek in haar arms en bene gekry. Sy moes lank in die kamphospitaal lÍ. Vanuit die hospitaal is sy saam met haar familie na Uitenhage gestuur.

Magdalena Jacobs was maar twee maande op Uitenhage, toe is sy met Cornelis Claase getroud! Hulle het mekaar by 'n sportbyeenkoms ontmoet, toe briefies vir mekaar geskryf en is getroud. Hulle het by sy ouers op die dorp ingewoon en sy het gereeld vir haar familie in die kamp gaan kuier.

  • Getuienis oor die Uitenhagekamp deur Mev HE Zurich (gebore Du Toit)

 Mev HE Zurich (gebore Du Toit) vertel haar ouers het in die distrik Fauresmith gewoon. Haar oupa De Villiers was lid van die Vrystaatse Volksraad, ook voorsitter, en het sowel president Brandt as president Reitz in die amp bevestig. Haar vader en drie broers het op kommando gegaan en haar moeder met die drie dogters is deur die Engelse op oop waens weggevoer, nadat al hulle vee doodgesteek is en die graan- en wolskure alles verbrand is. Saam met die troepe het hulle drie dae in die koue rondgeswerf en op Edenburgstasie moes hulle en 'n paar honderd vroue teen 'n skuins wal skuiling soek teen die bitter koue wind. Die volgende dag is hulle in vuil, swart, oop steenkooltrokke na Bethulie vervoer. Sy was toe dertien jaar oud.

Sy onthou veral die swak kos van Bethuliekamp en sÍ dat die meeste mense, veral kinders, dood is van honger. Mieliemeel, meel, suiker, koffie, sout en maer skaapvleis wat geel deurtrek was van die dip, was hulle weeklikse rantsoen. Sy en haar susters het gereeld die blou vitrioel wat in die suiker was uitgesoek. Verder het elke tent net 'n 2 duim stukkie kers vir 'n nag gekry en was hulle so bly as die maan geskyn het.

Wat van Bethuliekamp 'n blywende indruk op mev Zurich gemaak het, was die ses of sewe tente waarin die baie lyke gehou is totdat dit begrawe kon word. Sy onthou hoe die rooi grond een nag so teen die berg gewaai het en die wilde honde van die lyke uit een tent gesleep het. Die familie moes dit weer die volgende oggend terugdra.

Verder vertel sy van haar twee ouer susters wat soms gehelp grafte grawe het, van die water wat deur die tente gespoel het, van al die ander ontberinge en van die vreeslike masel-epidemie wat uitgebreek het. Alles te onbeskryflik vir woorde…

Met die opening van die Uitenhagekamp is hierdie gesin in oop bees- en perdetrokke daarheen gestuur. So twee myl noord van Uitenhage op die Graaff-Reinet-spoorlyn, is al die gevangenes afgelaai en met ossewaens langs die Pannell's Mill-pad tussen bosse deur verder na die kampterrein vervoer. Om in 'n kamp soos Uitenhage aan te kom na al die ellende van Bethulie, was vir hulle soos 'n "hemel op aarde": Sinkhuise met plankvloere na 'n tent en grond, al slaap hulle op die vloer!

Die kos en behandeling was veel beter. Hulle kon een maal per week dorp toe gaan en daar vrugte en lekkernye kry. Sy onthou die lekker koejawels wat hulle in die tuine in Harperstraat geeŽt het.

Sondagmiddae het een van die dorpsmense soms vir die kinders kom grammofoon plate speel, wat hulle so geniet het. En wat vir hulle wonderlik was, was die klere van Holland wat in die kamp uitgedeel is!

Hulle kon ook permitte kry om die bronne te besigtig.

  • Getuienis deur Mev WL van der Merwe, (gebore Jansen van Rensburg)

Mev WL van der Merwe, gebore Jansen van Rensburg, skryf: "My ma en ons ses kinders was in 'n tentjie saamgehok op Vredefortweg. Hier is my oudste suster oorlede."

"Ons is met perde- en beestrokke met alles wat ons had (en die was maar karig) na Uitenhage vervoer."

"Die reis het drie dae geduur sonder enige geriewe. As die trein langs die pad stilhou, het vrouens en kinders die gemakshuisies of die veld ingestorm om agter 'n bossie skuiling te soek, al is hy ook nie hoŽr as 'n miershoop nie. Die mans ook."

In die kamp het die dogters saam met die moeders gaan hout haal en op hulle koppe aangedra. Hulle het ook kans gekry om noem-noembessies te gaan pluk. Die dogters het strykwerk gedoen en kindertjies opgepas. Hier was die lewe baie beter as in die helkampe van die Vrystaat en Transvaal. Hier was selfs bad- en kookgeriewe.

 

Nog 'n Kaapse kamp

   
Doornbult
   

De Camp Courant
Op / Up
Uitenhage
Doornbult

 

•  • De Camp CourantOp / UpUitenhageDoornbult

 

 

 

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

ARK Web Design © 1998-2017

ARK Webontwerp © 1998-2017

piazza.arkpark.com

 

Engel met God se Woord, die Bybel

 

 

Bekering