|
Hendrina se
vroue neem voortou!
In
Oktober 1999 het die vroue van Hendrina die Emily Hobhouse Dienskorps met mev Natalie
Botha as voorsitter gestig. Die eerste herdenkingsfunksie wat op 20 Oktober 1999 gereël
is, was 'n groot byeenkoms waarby die film van Emily Hobhouse vertoon is met inligting oor
die rol van die vrou in die Tweede Vryheidsoorlog.
Die Vrouekomitee het Hendrina se dames geluk gewens met dié
pragtige aksie.!!!
Ander
dorpe waar vroue reeds aktief is, is onder meer Bloemfontein, Potchefstroom, Belfast,
Dullstroom, Kroonstad en Pretoria. Op baie ander dorpe is die vroue ook aan die gang.
Die
Vrouekomitee van die Volkskomitee, wat met die herdenking van die vrou in die oorlog te
doen het, beveel aan dat vroue-dorpskomitees van al die dorpe in ons land, ook waar nie
konsentrasiekampe was nie, deur middel van komitees of dienskorpse herdenkingsgeleenthede
in hulle dorpe reël.
Die
mees opwindende is om u dienskorps/komitee te noem na 'n vrou wat in die Tweede
Vryheidsoorlog 'n besondere rol gespeel het, soos tant Alie Badenhorst wat in die
Klerksdorp omgewing gewoon het, of Johanna Brandt van Pretoria wat in die Irene-kamp
verpleeg het en wat vir die Boere so 'n waardevolle spioen was, mev Tibbie Steyn van
Bloemfontein, ensovoorts.
U sal
nou vra wat verstaan word met 'n "besondere" rol? Elke vrou wat dwarsdeur die
oorlog ellende en vernedering ondergaan het, maar bly sê het dat haar man vir vryheid en
vir reg moet aanhou veg, was 'n heldin en het 'n besondere rol gespeel! U kan selfs ook
die naam van 'n kind of jong meisie neem.
Wat 'n
uitdaging vir die vroue om dwarsdeur die land te begin met navorsing! Toe die vroue van
Hendrina van hierdie aanbeveling hoor, was hulle die ene opgewondenheid om die naam te
verander na die Hendrina Joubert Dienskorps en om inligting te begin soek oor die van genl
Piet Joubert.
Ons is
oortuig daarvan dat uit hierdie navorsing baie besondere inligting bekend sal word. |