Werfkaart
Konsentrasiekampe
Transvaal
OVS
Kaap
Natal
   
Sitemap
Concentration Camps
Transvaal
OFS
Cape
Natal

Concentration camps during the Anglo Boer War

     
LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief
NB: This site is part of ARKpark's archive

Hersien: 7 Februarie 2023 ** Revised: February 7, 2023

    

    

 

 Vrouekomitee

De Camp Courant word  saamgestel en versprei deur die Vrouekomitee vir die Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog.

As u enige kommentaar wil stuur of  'n interessante bydrae wil lewer oorherdenkings-byeenkomste, geskiedenis-brokkies oor veldslae, heldedade en veral oor gebeure in die konsentrasiekampe, of enige toepaslike, verwante geskiedenis is u baie welkom om die borge van hierdie argiefwebtuiste per epos te kontak. Oorspronklike foto's of ander artikels sal ook welkom wees. Stuur asb. u kommentaar dmv ARK se inligting. Dankie byvoorbaat.

 
Hieronder kan u meer te wete kom oor:
 

Hierdie organisasie vir vroue is landswyd werksaam en hou gereeld byeenkomste van kulturele waarde.

 
Vierkleur (De Camp Courant)

Kry nou u Vierkleur en OVS-vlag
Vierkleure en Vrystaatvlae is by Aksie Vrouekrag se kantoor beskikbaar. Plaas u bestelling vroegtydig, want ons gaan ons vlae gebruik tydens die herdenkingsgeleenthede.

Vrystaatvlag (De Camp Courant)

Kliek duimnael vir groter weergawe

 

Hierdie organisasie is te Bloemfontein werksaam en het in samewerking met De Camp Courant op Saterdag, 10 Oktober 1998 'n herdenkingsgeleentheid van die Bloemfonteinse konsentrasiekamp gehou.

Sanette Greyvenstein van die Oorlogmuseum, ons flinke en geesdriftige medewerker wat vir ons belangrike paaie oopmaak, het 'n groot groep vroue toegespreek tydens 'n vergadering van Dames Perspektief oor die Bloemfontein-kamp. Sy het haar tema: "Wat is my aandeel as vrou aan die herdenking van die Vryheidsoorlog", deeglik en sterk motiverend hanteer.

 

Hendrina se vroue neem voortou!

In Oktober 1999 het die vroue van Hendrina die Emily Hobhouse Dienskorps met mev Natalie Botha as voorsitter gestig. Die eerste herdenkingsfunksie wat op 20 Oktober 1999 gereël is, was 'n groot byeenkoms waarby die film van Emily Hobhouse vertoon is met inligting oor die rol van die vrou in die Tweede Vryheidsoorlog.

Die Vrouekomitee het Hendrina se dames geluk gewens met dié pragtige aksie.!!!

Ander dorpe waar vroue reeds aktief is, is onder meer Bloemfontein, Potchefstroom, Belfast, Dullstroom, Kroonstad en Pretoria. Op baie ander dorpe is die vroue ook aan die gang.

Die Vrouekomitee van die Volkskomitee, wat met die herdenking van die vrou in die oorlog te doen het, beveel aan dat vroue-dorpskomitees van al die dorpe in ons land, ook waar nie konsentrasiekampe was nie, deur middel van komitees of dienskorpse herdenkingsgeleenthede in hulle dorpe reël.

Die mees opwindende is om u dienskorps/komitee te noem na 'n vrou wat in die Tweede Vryheidsoorlog 'n besondere rol gespeel het, soos tant Alie Badenhorst wat in die Klerksdorp omgewing gewoon het, of Johanna Brandt van Pretoria wat in die Irene-kamp verpleeg het en wat vir die Boere so 'n waardevolle spioen was, mev Tibbie Steyn van Bloemfontein, ensovoorts.

U sal nou vra wat verstaan word met 'n "besondere" rol? Elke vrou wat dwarsdeur die oorlog ellende en vernedering ondergaan het, maar bly sê het dat haar man vir vryheid en vir reg moet aanhou veg, was 'n heldin en het 'n besondere rol gespeel! U kan selfs ook die naam van 'n kind of jong meisie neem.

Wat 'n uitdaging vir die vroue om dwarsdeur die land te begin met navorsing! Toe die vroue van Hendrina van hierdie aanbeveling hoor, was hulle die ene opgewondenheid om die naam te verander na die Hendrina Joubert Dienskorps en om inligting te begin soek oor die van genl Piet Joubert.

Ons is oortuig daarvan dat uit hierdie navorsing baie besondere inligting bekend sal word.

 
Kom met voorstelle na die Vrouekomitee. Ons wag gretig om van u te hoor!
 

Onthou die landwye herdenkingsgeleentheid by die Vrouemonument in Bloemfontein op 5 en 6 Oktober 2001!

De Camp Courant
Op / Up

 

•  • De Camp CourantOp / Up

 

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

piazza.arkpark.com

Swallow Software at swallowsoftware.arkpark.net
swallowsoftware.arkpark.net
Calgary, Alberta

ARK Webontwerp © 1998 - 2023
ARK Web Design © 1998 - 2023

Engel met God se Woord, die Bybel

Bekering

'n Christen…

Bybelteks

Bible Text