|
Irene-konsentrasiekampe
Die Irene-gebied het 2 tentdorpe
gehad in die omgewing van die stasie. Hierdie tuisdorp van Jan Smuts
het talle sterfgevalle in die konsentrasiekampe gehad. 'n
Begraafplaas vir die gestorwenes is nou nog te sien.
|
|
Klerksdorp-konsentrasiekamp
968 Boervroue en kinders sterf Hierdie is
een van Transvaal se oudste dorpe, en is ongeveer in 1830 gestig.
Dit het ook een van die oudste begraafplase. Hier is die grafte van
968 vroue en kinders, wat gesterf het in die konsentrasiekamp
gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902)
|
|
Middelburg-konsentrasiekamp
1381 Boervroue en kinders sterf Op die plek waar
die konsentrasiekamp geleë was, is 'n gedenkmuseum op gerig. In
hierdie gebied, wat bekend staan vir sy koue winters, is 1381 vroue
en kinders oorlede.
|
|
Potchefstroom-konsentrasiekamp
'n Gedenktuin, ter ere van die gestorwe vroue en kinders wat tydens
hul gevangenskap in Potchefstroom se konsentrasiekamp omgekom het,
is te Vyfhoek by die ou kampkerkhof opgerig.
|
|
Volksrust-konsentrasiekamp
772 Boervroue en kinders sterf Hierdie
Voortrekkerdorp het 'n indrukwekkende gedenkbeeld in wit en swart
marmer, opgerig in 1918. Die pragtige beeld met die swart
gedenkmuur, wat die name van 772 vroue en kinders aandui,
kontrasteer skril met die grusame verwaarlosing en smart van die
Britse konsentrasiekampe, waar hulle oorlede is.
|
| |
|