Die
arme kindertjies het die ergste gely. Hulle het van koue, honger, dors en ontbering gehuil
en die moeders was magteloos. Op 'n paar dae lange rit het hulle nou en dan droë hopbrood
gekry om te eet.
Dikwels
het gietende reën op die vroue, kindertjies en bondeltjies besittings neergestort en is
hulle deurweek van die reënwater. Die klere moes maar so aan hulle lywe droog word.
Waar
vuil, swaar bokseile beskikbaar was, was dit of vol gate of dit was so dig en bedompig as
dit oor die trok getrek is, dat die vroue wou versmoor of verstik en hulle dit moes
losmaak of stukkend sny.
Die
vroue kon nie in die treine rus of slaap nie, want daar was tussen dertig en vyftig mense
in 'n trok, wat normaalweg vir die vervoer van vyftien beeste gebruik is!
Verder
was daar natuurlik geen privaatgeriewe op die trokke nie en moes hulle maar so voor almal
die natuurwet gehoorsaam. In die teenwoordigheid van kinders en opgeskote seuns het
bevallings op die trokke plaasgevind, met noodlottige gevolge vir baie van die moeders en
die babatjies. Ek wonder waar daardie moeders en babatjies begrawe is
Emily Hobhouse skryf: "The people, most of
whom were unfit to travel, were sent to a marsh in Natal like Merebank,
or carried infection to a healthy camp like Howick... they were exposed to poignant
sufferings on the journey." |