| 
	
		
			| English |  
			|  |  
			|  |  |  |  
			| Ouma 
			Hannie en Emily 
			Hobhouse se borsspeld |  
			|   |  
			| Sommer vroeg in die aanloop tot die herdenking 
van die Tweede Vryheidsoorlog het 'n grootse oomblik aangebreek toe 'n 
borsspeld wat aan Emily Hobhouse behoort het, aan 
Aksie Vrouekrag oorhandig is vir veilige bewaring vir die nageslag. 
			Die skenker, Petro Joubert, vertel self: |  
			|   |  
			|  Fotobyskrif: Emily Hobhouse
 | 
  Ek is Petronella Joubert, gebore Viljoen. Ek is 'n 
	kleindogter van wyle Johanna Susanna Viljoen, 'n nooi Pieterse, wat op 20 
	Augustus 1873 gebore en op 28 Januarie 1939 oorlede is. Ons het haar Ouma 
	Hannie genoem. Wyle Ouma Hannie was getroud met wyle Oupa Jan Daniël 
	Viljoen, wat in die distrik Marquard op sy plaas, Tappelshoek, geboer het. 
	Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is hy na 
	Ceylon verban. |  
			|   |  
			| Ouma Hannie was in die Brandfort-konsentrasiekamp. Emily 
	Hobhouse het die kamp besoek en bemerk dat Ouma Hannie se manteltjie gedurig 
	in die bittere koue van haar skouers afgegly het. Sy het haar eie borsspeld 
	afgehaal en Ouma Hannie se mantel daarmee vasgesteek. Ouma Hannie het die borsspeldjie aan my oorlede moeder, haar 
	skoondogter, gegee, van wie ek dit geërf het. Ek skenk die borsspeldjie aan 
	mev. Lucia van den Berg van 
	Aksie Vrouekrag, om dit in 'n argief in 
	veilige bewaring te hou vir die Boere-nageslag. |  
			|  |  |  |  
			|  |  |  |  
		
			|  |  Brandfort-konsentrasiekamp    
			15 550 Vroue en kinders sterfDie kamp by Brandfort het ook bekend gestaan as Dwyersdorp. 
Dit is skrams buite Brandfort geleë. Hier is 'n Tuin van Herrinnering geskep ter 
ere en nagedagtenis van die 15 550 Boervroue en kinder slagoffers van die swak 
toestande in die Britse konsentrasiekamp. Die stemmige senotaaf het 'n 
hartroerende aanhaling: 
				
				
					
						
							| "Rus in vrede tere 
							bloeisels, offer van die storm
 want uit welke moedertrane
 is die steen gevorm"
 |  |  
			|  |  |  
		
			| Ander Vrystaatse 
konsentrasiekampe |  
			|  |  |  |  | 
 
  
  
  
  
 |