"Ons
het partymaal baie pret met die 'kieriemeide', soos ons die hensoppers genoem het, gehad
wat by die hekke op wag moes staan.
Twee of
drie huisgesinne maak 'n afspraak om na die see te gaan, maar g'n enkele een wil 'n permit
gaan vra nie. Ons kyk ons kans af om weg te loop en deur die draad te kruip, op
verskillende plekke totdat die wag heeltemal radeloos was.
Ons het
soms in die see geswem en dan weer deur die draad gekruip terug kamp toe.
Eenmaal
het ons maklik deur die hek gekom met 'n doktersresep wat ons langs die pad opgetel het!
Nêrens langs daardie deel van die kus was die gesig mooier as van die heuwel by Merebank
nie."
Gelukkig
was daar twee predikante, ds Enslin en ds Van Belkum, wat Sondae die diens waargeneem het.
Sondagmiddag het ons Sondagskool gehou. Daar was sowat 20 onderwyseresse en onderwysers.
Ek het met my groep na 'n washuis gegaan en menige uurtjie saam met die jongetjies
deurgebring.
Daar
was 'n skool en die kinders moes Engels leer. Eenmaal het ons konsert in die skoollokaal
gehou. Die mense het so verlang om musiek te hoor dat hulle mekaar amper by die deur
vertrap het."
Toe kom
die aankondiging van die vrede, Mei 1902. "Niemand wou 'n woord daarvan glo nie. Ons
vise-president, Schalk Burger, moes eers kom. Hy het op die veranda van die kantoor
gestaan en ons in duisendtalle voor hom en om hom.
"Dit
het sy hart so seer gemaak dat die trane oor sy wange loop. 'n Paar het flougeval en moes
weggedra word."
Nou
weer na die stasie vir die reis terug huis toe: "Ag, wat 'n jammerlike skouspel!
Omtrent driehonderd vroue en kinders, party al vroeg daar om die trein tog nie te mis nie.
Die meeste had nie meer behoorlike kleding nie en net een bondeltjie in die hand.
Ja, en
onder hulle was van die edelste en deftigste moeders, van die vernaamste vroue in ons
land. Almal, sonder onderskeid, moes in rye agter mekaar staan en wag om in die trein te
stap. Dit het tot twaalfuur geduur . . . almal moes in derdeklas rytuie ry
(Mag ons
vergeet? - E Neethling). |