Werfkaart
Konsentrasiekampe
Transvaal
OVS
Kaap
Natal
   
Sitemap
Concentration Camps
Transvaal
OFS
Cape
Natal

Concentration camps during the Anglo Boer War

     
LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief
NB: This site is part of ARKpark's archive

Hersien: 7 Februarie 2023 ** Revised: February 7, 2023

    

    

 

Landelike flitse 1899 - 1900

 

Tant Alie Badenhorst van Mahemsvlei, Klerksdorp, skryf:

Dit is 'n lui en stil dag, vroeg in November 1899. Die hawer staan goudgeel op die land; die maaiers is besig om te sny; ander bind wat droog is in gerwe, ander dra dit op hope.

Frikkie is aan pak. Die koring staan nog in sy groene kleed; hier en daar hoor jy 'n voëljaer raas en skree.

Almal is bedrywig, alles sien daar so groen en lief uit dat 'n mens nie kan dink daar is oorlog in die land nie.

Ag, dag ek, dit is die vreeslike waarheid; want oor twee dae sou hy vertrek na Mafeking. Vier dae tevore is hy gekommandeer.

0, 'n dag om nooit te vergeet nie!

"Moet ek van ander week af die hawer begin te bêre?"

“Ja," sê hy. "Ek is so bly dat ek juis nou met die hawer klaarkry. En dit het mooi gereën; jy moet van Maandag af begin mielies ploeë."

Ek skrik. Ja, waarlik - die ploegtyd is op hande …”

(Inligting soos voorsien in De Camp Courant nommer 5)

 
Amper in die tronk
 
"Halt! You are under arrest!" weergalm 'n stem oor die perron.
Malie Malan kyk nuuskierig oor haar skouer om te sien waaroor die bohaai gaan.
Tot haar verbasing kom die eienaar van die stem, 'n Britse soldaat, reg op haar afgepeil.

"You know wearing that flag is against the law!", bars hy uit, en sy wange word rooi soos hy gal afgaan.

Malie moet haarself keer dat haar mond nie oophang nie. Is die man van lotjie getik, wonder sy. Waarvan praat hy?

"Don't try to hide it! Show me!"

Vir 'n oomblik dink sy hy gaan haar klere van haar lyf skeur. "Ek is jammer, maar ek weet nie waarvan jy praat nie," antwoord sy in perfekte Engels.

Haar gebruik van sy eie taal vang die Kakie onkant, en vir 'n oomblik lyk dit of hy weifel: "Don't try to bluff me. I saw you are wearing the Veer-kleer" (hy stotter oor die moeilike woord) "under your cape, when the wind blew it to the side."

Met 'n effense frons kyk sy af, trek die mantel effens weg, om haar rok se donkerbruin lyfie met sy roomkleurige kantborsie ten toon te stel en toe begin sy te skater van die lag.

Die mense wat langs haar staan gaan ook aan die lag. Die Kakie trap ongemaklik en ongeduldig rond.

"Oh, there's your Veer-kleer," sê sy met klem op die krom uitspraak wat sy na-aap. Sy dop die manteltjie se punt om, en wys aan hom die voering van wit, rooi en groen geruite satyn.

Die Kakie lyk of sy oë gaan uitval, en hy word weer rooi in die gesig voor hy omdraai en kamma-ongeërg wegstap.

 
Hierdie insident het tydens die Tweede Vryheidsoorlog in Pretoria afgespeel. Die manteltjie het Malie se dogter jare later aan die Nasionale Kultuurhistoriese Museum in Pretoria geskenk.

Dit is gemaak van 'n kameelkleurige wolstof met 'n fyn koordjie versier, wat as passementwerk bekend staan.

Die kraag staan hoog en regop, en is in panele wat wyer na bo loop, gesny, sodat dit bo wegstaan van die gesig af.

Die patroon van die manteltjie word ingesluit in 'n kleredraghandleiding, waaraan tans gewerk word. Dit is die ideale item vir die koeler dae, om bo-oor die bloes of rokslyfie te dra, tydens die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog.

(Inligting soos voorsien in De Camp Courant nommer 2)

Lees meer oor modes van dié tyd by ons modeafdeling

 

De Camp Courant
Op / Up
Oorsig
Konsentrasiekampe
Transvaal
OVS
Kaapland
Natal
Vyande
Oorlogsgebeure
Krygsgevangenes
Modes
Projekte
Organiseerders
Volgende uitgawe
Dank
Inligtingsversoek
Inligting

 

 

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

piazza.arkpark.com

Swallow Software at swallowsoftware.arkpark.net
swallowsoftware.arkpark.net
Calgary, Alberta

ARK Webontwerp © 1998 - 2023
ARK Web Design © 1998 - 2023

Engel met God se Woord, die Bybel

Bekering

'n Christen…

Bybelteks

Bible Text