|
Oorsake van die Tweede Vryheidsoorlog
|
|
Vyande van ver en van naby |
|
|
|
- Vyande van ver en van naby (1) (Inligting kom uit De Camp Courant nommer 3)
|
|
Die Boerevolk het met sy sweet en bloed ons land bewerk, bewoon en bewaak
en met elke tree wat hy vorentoe gebeur het, het die Engelse agterna gekom en sy getemde
land van hom geroof... In 1835 het die Groot Trek
begin. Afrikanerboere het uit die Kaapkolonie weggetrek, die onbekende, woeste binneland
in, om weg te kom van die Kaapse Engelse owerheid (vyande van naby) wat alles wou
verengels, ook die skole, en van die roof- en moordaanslae van die swart inboorlinge (nog
meer vyande van naby). Hulle het getrek ter wille van vryheid en veiligheid.
In 1838, na die moord op Piet Retief en sy manne in Natal, die
moorde op die Trekkers by Bloukrans, Weenen en andere, het die Bloedrivierslag plaasgevind
ter wille van vryheid en geregtigheid. Toe kom die Engelse (vyande van ver) na Natal en
neem ook die duurgekoopte grond van die Boere af.
Twee Boererepublieke het daarna tot stand gekom: die Zuid-Afrikaansche
Republiek (Transvaal) en die Oranje-Vrystaat. In 1877 het die
Britte Transvaal geannekseer, maar is in die Eerste Vryheidsoorlog op die berg Majuba
verslaan. Dit was 'n allergrootste neerlaag vir Groot Brittanje, en weer vryheid en vrede
vir die Boere-Arikanervolk!
- Die voorspel tot die Tweede Vryheidsoorlog
Die Boere het hulle op plase gevestig en die boerdery het stadig maar seker
ontwikkel. Dorpies het ontstaan en gegroei. Maar gedurig moes hulle hulself verdedig teen
die roof- en moordaanvalle van die inboorlinge (vyande van naby). Intussen het Engeland
(vyande van ver) met gretige oë na die twee onafhanklike Boererepublieke gekyk, om dit te
verenig met die Kaap en Natal, wat onder Britse gesag gestaan het. Die Boerevolk, gelowig,
koersvas en karaktersterk, het gestreef na die vooruitgang en versterking van hulle
republieke, en wou met Engeland en sy ideale niks te doen hê nie.
.....Engeland was ernstig met sy begeertes en
die Boere was ernstig met hulle strewes, want hulle het geglo dat dit die wil van die Here
was dat hulle hier moes woon ......
'n Wapenstryd tussen Boer en Brit het al meer onafwendbaar geword.
1886: Goud word aan die Witwatersrand ontdek! Duisende
uitlanders, die meeste Engelse, stroom na die Rand om ryk te word (vyande van naby). Die
Transvalers beskou hierdie vreemdelinge as 'n bedreiging, want hulle eis stemreg en
burgerskap. Daarom word in 1890 besluit dat burgerskap eers na 14 jaar verblyf aan die
uitlanders toegestaan sal word.
In 1895 het dr LS Jameson, in samewerking met die eerste
minister van die Kaap, Cecil John Rhodes, na Johannesburg opgeruk met 'n
paar honderd soldate (vyande van ver) om die opgestoke uitlanders (vyande van naby)
sogenaamd te hulp te snel. Maar die Boerekommando's het hulle voorgekeer en tot oorgawe
gedwing. Hierdie mislukte Jameson-inval het groot opspraak verwek.
In 1897 word sir Alfred Milner na Suid-Afrika gestuur as Britse
hoëkommissaris. Toestande word meer gespanne. Pres MT Steyn van die
Vrystaat het in hierdie stadium 'n oorlog gevrees, en reël 'n konferensie tussen pres
Paul Kruger van die Transvaal en Milner in Bloemfontein.
Die spesiale Kruger-trein het vanaf die Noorde met die wapperende Vierkleur en
Vrystaatvlag, en die Milner-trein vanaf die Suide met die Union Jack, Bloemfontein
binnegestoom!
Op Woensdag 31 Mei het hierdie deurslaggewende konferensie begin!
Meer hieroor in:
|
|
- Vyande van ver en van naby (2) (Inligting kom uit De Camp Courant nommer 4)
President
Paul Kruger se trein stoom Bloemfontein binne presies om 10-uur die oggend.
Hierdie
konferensie tussen pres Paul Kruger en sir Alfred Milner was 'n baie belangrike
gebeurtenis.
Paul
Kruger, reeds bejaard, maar met n onbreekbare wilskrag en onbuigsame beslistheid,
én sy Volksraad saam met hom, moes tot in hierdie stadium geweldig belangrike besluite
neem.
Van
alle kante, soos deur die ganse geskiedenis heen, het die aanslag op die Boer en sy
eiendom gekom... en pres Kruger en sy Volksraad moes hierdie aanslae weerstaan.
Van die
belangrikste krisisse was die volgende:
- Na die ontdekking van die goudrykdomme aan die Rand het die uitlanders - meestal
Engelse, maar ook Duitsers, Franse, Jode en andere - (vyande van naby), wat aanhoudend
probleme vir pres Kruger en die Volksraad veroorsaak het, bly aandring op stemreg na vyf
jaar verblyf. Hulle is aangehits deur Chamberlain van Engeland, Cecil John Rhodes, eerste
minister van die Kaapkolonie, en Milner, wat as Britse hoëkommissaris in Suid-Afrika
aangestel is. (Vyande van ver.) Hierdie drie het in diens van Engeland gestaan, was
geslepe politici, gevoelloos ter wille van Engeland en het gesamentlik teen Paul Kruger en
saam met die uitlanders geknoei.
- Spanning het in Transvaal opgelaai. Die laaste petisielyste is deur 38 000
uitlanders onderteken, maar Kruger staan vas en weier vervroegde stemreg. Hy het geweet
dat dit die begin van die oorname van die Volksraad deur Engeland sou wees en dan sou die
Transvaal ook, soos die Kaap en Natal, n Britse kolonie word. Om dan die OVS oor te
neem, sou geen probleem wees nie.
- Pres Kruger het tydens n vergadering in Johannesburg die saak aan die
uitlanders gestel, maar hulle was verbitterd, opgesweep en het gewelddadig opgetree, vir
pres Kruger uitgeskel en uitgevloek, die Vierkleur van die gebou afgeruk en flenters
geskeur. Die president het die stad verlaat en 'n eed geneem dat hy nooit weer die stad
formeel sou besoek nie. Van daardie dag af het daar 'n onversoenlike vyandskap tussen hom
en die uitlanders ontstaan.
- In daardie jare was daar ook altyd probleme met die swart volke. Oorlog is
verklaar teen Malaboch, (vyand van naby) 'n wederstrewige swart kaptein. Die gesagvoerders
roep ook van die uitlanders op om te gaan veg, maar hulle het tot in Engeland geprotesteer
en die spanning vir n oorlog verhoog. Hulle wou al die voordele van burgerskap hê,
maar geen verpligtinge nie.
- In 'n stadium het pres Kruger al die Vaalrivierdriwwe gesluit om die aflewering
van Engelse wapens na die goudvelde te stuit. Baie onwettige goedere is na die uitlanders
deurgesmokkel. Dit was 'n gevaarlike toestand. Hierdie optrede van pres Kruger het woede
by die uitlanders veroorsaak!
- Toe het die mislukte Jameson-inval plaasgevind wat vir die Engelse 'n les was en
die Boervolk oor die ganse Transvaal wakker geskud het.
Die
gretige oë van Engeland, die geslepe optrede van Engeland se gesante, die opstand van die
uitlanders, die onversoenlike rassestryd met al die implikasies daarvan en nog baie meer,
moes Kruger hanteer tot voordeel en vryheid van sy geliefde volk en tot beskerming van sy
eie vaderland.
Nou
word hy in Bloemfontein ontvang. Die laaste paar jaar het sy gesondheid sigbaar verswak,
veral sy oë.
Hy was
nou 73 jaar oud; 'n diep gelowige, seldsame, heroïese mens, 'n nasionale monument
in sy eie tyd". (Thomas Pakenham)
Hy het
gesê: My ideaal is dat daar vrede sal wees en nie oorlog nie en dit is my
hartsbegeerte dat hierdie konferensie 'n sukses sal wees".
Hy het
van die trein af geskuifel in sy swart pak, met Jan Smuts by hom as sy sekretaris en tolk,
en is deur pres MT Steyn verwelkom. 21 kanonskote is afgevuur en 'n banier oor die
hoofstraat met die woorde "God leide uwe beraadslagingen" het hom verwelkom.
Die
ander belangrike man was sir Alfred Milner, n ongetroude Engelsman wat tussen die koninklike, ryk en hooggeplaaste mense beweeg het. Hy het van weelde en hoë aansien
gehou.
Milner
was vol selfvertroue en vasberade om die strop stadig maar seker al stywer om Kruger se
nek te draai, totdat hy uiteindelik moes toegee aan sy eise.
Milner
het hom verbind aan die uitlanders en was oortuig daarvan dat hy dié ou man gou-gou gaan
oorwin! En dan gaan hy die Transvaal annekseer en regeer soos 'n kroonkolonie van
Engeland!
Presies
om vyfuur die middag stoom Milner se trein Bloemfontein binne. Hy spring van die trein af,
jonk, glad geskeer en deftig in 'n grys pak klere met 'n deftige onderbaadjie.
Pres
Steyn is daar, 21 geweerskote word gevuur en hy word net so hartlik ontvang
want hy
word in die koerante beskryf as een van die belangrikste Engelsmanne, omdat hy vrede gaan
bring!
Op 31
Mei 1899 het dié belangrike konferensie begin!
|
|
Vyande van ver en van naby (3) (Inligting kom uit De Camp Courant nommer 5) |
|
Dit is
Woensdag 31 Mei 1899. Die konferensie tussen lord Milner en pres Paul Kruger word op
Bloemfonteinstasie gehou, om 'n ronde tafel wat groot genoeg is vir 12 mense om om te sit.
Milner
(vyand van ver) veg vir die uitlanders (vyande van naby) se toelating tot burgerskap na
vyf jaar verblyf in en om en by ons goudrykdomme aan die Witwatersrand, en Kruger weier.
Dit sal volk-selfmoord wees, want die uitlanders se stemreg sal die onafhanklikheid van
Transvaal in gevaar stel.
Kruger
veg vir die behoud van Transvaal, vir vryheid, vrede en vooruitgang van sy eie mense;
Milner veg vir rykdomme vir Engeland deur opgestookte uitlanders te misbruik.
In die
tydperk vanaf 1886 tot 1899 het die Witwatersrand verander van 'n rustige landelike
plaasatmosfeer waar die skaap se geblêr en die koei se gebulk vêr hoorbaar was, tot 'n
reuse mynkamplewe met skoorstene en kolomme van swart rook wat die helder uitspansel
besoedel, met "tienduisende naturelle uit alle dele van die Bantoewêreld,
tienduisende manne en vroue van alle nasies, stande, tale en beroepe, wat deur die
onversadigbare dors na goud en rykdom," deel wil uitmaak van ons Transvaalse
Republiek.
Na vier
dae se oor en weer gesprek, toegewings met voorwaardes, voorstelle en eise, besef Milner
dat hy nie daarin kan slaag om Kruger vas te trek nie. Staande sê Kruger vir Milner:
"Dit is nie stemreg vir die uitlanders wat jy wil hê nie; dit is my land wat jy wil
hê!"
Milner
laat weet na Engeland om groot versterkings na Suid-Afrika te stuur. So het die een skip
na die ander Engeland verlaat met derduisende soldate (vyande van ver), wat in die
volgende paar maande stelling inneem by Mafeking en Kimberley in die Kaapkolonie en by
Dundee en Ladysmith in Natal.
Hulle
het dus beweeg tot vlak by die grense van die Vrystaatse en Transvaalse Republieke.
Die
spanning styg steeds hoër. Aan die einde van September word die burgermagte opgeroep en
na die grense gestuur. Aan weerskante van die grense het dus nou gewapende manne gestaan.
Die
Transvaalse regering stuur op 9 Oktober 1899 'n ultimatum aan die Engelse regering waarin
geëis word dat:
-
alle
Britse troepe op die Transvaalse grense onmiddellik verwyder moes word,
-
alle
versterkings wat sedert 1 Junie in Suid-Afrika geland het dadelik teruggestuur moes word
en
-
die
Britse soldate wat reeds op see is, moet omdraai.
Hierdie
ultimatum is net waarvoor Milner en Chaimberlan gewag het en die Engelse regering vee dit
van die tafel af!
11
Oktober 1899: Die oorlog tussen die magtige Britse ryk en die klein Boerevolk in
Suid-Afrika breek uit, breek af, breek weg, breek stukkend...
"Vrome vaa'dre,fier en groot!
Deur vervolging, ramp en nood
was hul leuse, tot die dood:
Vrijheid, Vrijheid!
Op dan broers, en druk hul spoor,
voorwaarts, broers, die Vierkleur voor
laat die veld ons krijgsroep hoor:
Vrijheid, Vrijheid!"
Jan FE Celliers
|
|
Kliek duimnael vir groter weergawe
Fotobyskrif: Die Boere was gedugte vegters |
|
Vyande van ver en van naby (4)
(Inligting kom uit De Camp Courant nommer 6) |
|
Hoe was
die toestand in die Republieke toe die oorlog uitgebreek het? Spanning het geheers, omdat
Engeland (vyand van ver) vir 'n paar jaar al op 'n gemene manier probeer het om 'n voet op
Transvaalse en Vrystaatse bodem te sit en om 'n sê te kry in die Republikeinse regerings.
In die
jare voor die oorlog uitgebreek het, het die Engelse die verstommendste leuens oor die
Boerevolk en sy regering die wêreld ingestuur.
Dr WJ
Leyds, Transvaalse staatsekretaris, is in 1897 na Europa om die Europese lande positief
teenoor die republieke te probeer beïnvloed. Baie voedsel en klere is ingevoer vir die
Boere, wat deur 'n kwaai droogte getref is. So het die regering op 'n wonderlike manier
vir sy mense gesorg en 'n goeie voorraad opgebou.
Ook
ammunisie en wat nodig is vir 'n oorlog, is ingevoer.
'n
Ander ramp het die boere getref, naamlik runderpes, wat duisende diere vernietig het.
Volgens oorlewering is die runderpes opsetlik die land ingebring.
Toe die
oorlog op 11 Oktober uitbreek, was die burgers, gewapen met saal en ryperd, reeds op die
verskillende fronte.
Die
vroue het tuis gebly en die boerdery behartig. Seuns van 12 jaar en ouer is saam met hulle
vaders.
Kenmerkend
van die Boer was sy besondere uithouvermoë, sy skerpskutvermoë en die onoortreflike
vermoë om sy terrein ten beste te gebruik. Naas sy geweer het die Boer in oorlogstyd op
sy perd staatgemaak. As ruiter was hy ook onoortroffe en dit het aan hom 'n mobiliteit
verleen wat eenvoudig verbysterend was.
Die
Engelse was beroepsoldate, baie meer gedissiplineerd, maar totaal afhanklik van die
offisier se bevele. Hulle het altyd bo-oor die Boere geskiet en fatale foute gemaak in die
gebruikmaking van die omgewing.
Die
groot verskil tussen Boer en Brit was hulle getalsterkte: 60 000 Boere teen uiteindelik
250 000 Engelse. Hierdie oorweldigende verskil in getalle het die oorwinning aan Brittanje
besorg.
Die eerste skote het op 12 Oktober 1899 op Kraaipan in
Wes-Transvaal geval!
|
|
| |
|