Ons
lesers skryf:
Mej
Marié Adelaar van Lyttelton skryf: Ek is die dogter van 'n kampkind en het
nog die album wat my moeder in Oktober 1982 by die saamtrek van die kampkinders van 1900
tot 1902 gekry het.
Dikwels
het ek al gewonder of die gedenkalbum nie in Engels vertaal kan word en ook die wêreld
ingestuur kan word nie. Dan kan die mensdom weet dat ons Boere-Afrikaners baie gely het.
Mev.
AJS Strijdom van Eloffsdal skryf: Ek wil net graag weet of julle asseblief vir my kan sê
waar ek die gedenkalbum kan bekom wat in 1982 aan die kampkinders van 1900 tot 1902 gegee
is.
My
moeder se foto is in die boek.
Haar
moeder is by Irene-konsentrasiekamp begrawe. Sy was Anna Sophia
Katterina de Beer.
Ek kon
nie destyds by wees om een te koop nie. |