Water
is toe aangelê na die onbewerkte munisipale stuk grond wat gekies is omdat dit na by die
spoorlyn was en op 'n veilige afstand van die dorp!
Ou
militêre hutte is per spoor na Uitenhage
gebring en in 66 kleiner wooneenhede vir die gevangenes verdeel. Ander hout- en sinkgeboue
is opgerig. Die kampsuperintendent, mediese offisier en matrone het elk in 'n huis gewoon.
Die
kamp self was glo the talk of the town", maar toe daar niks snaaks gebeur het
nadat die inwoners daar aangekom het nie, het die belangstelling in die kamp afgeneem!
Toe kon
Uitenhage se mense self sien dat die vroue, kinders en ou mense gewone en opgevoede mense
was, al was hulle gesondheid en kleredrag in 'n uiters swak toestand.
Handelaars
het getender vir die voorsiening van kosvoorrade, en só baat gevind by die kamp wat sewe
maande bestaan het.
In
April 1902 het 1019 Vrystaters in die kamp aangekom. In Mei het die getal gestyg na 2007
en in Junie na 2058, 'n maand na vredesluiting.
In
Julie het die getal begin afneem na 1472 tot 26 in Oktober.
Volgens
gegewens het die meeste mense uit die oorbevolkte kampe van Bethulie en Vredefortweg
gekom.
'n
Merkwaardige gesin in die Uitenhagekamp
was die gesin van eerwaarde Otto.
As
krygsgevangene is hy van Kaappunt na Bethulie, waar sy gesin
was, teruggestuur. Hier, en later in die Uitenhage-kamp,
het hy besondere geestelike werk onder sy mense gedoen.
Slegs
nege persone is in die kamp oorlede. Die oudste was Johanna Nel, 57 jaar, en die jongste
die Klopper-baba, 23 dae oud. Van die nege persone was ses kinders en drie volwassenes.
Die
begraafplaas was aan die noordwestekant van die kamp en 'n mens moes deur die bosse loop
om daar te kom.
Die
Helpmekaarvereniging veral, en ander Afrikanerinstansies verdien die volk se dank vir die
gereelde aandag aan die begraafplaas. Op 29 Maart 1924 is 'n gedenksuil in die kerkhof
deur mev M van Onselen onthul.
'n Paar
keer is probeer om boompies by die kerkhof te plant, maar dit het elke keer doodgegaan.
Oor die jare het verskeie organisasies talle vergaderings oor die instandhouding van die
kampterrein en kerkhof gehou. Hierdie konsentrasiekampgrond het uiteindelik Uitenhage se
omheinde feesterrein geword!
Op 10
Oktober 1972 het die eerste minister, mnr BJ Vorster, die nuwe monument waar die nege
gestorwenes herbegrawe is, onthul en die opening van die feesterrein waargeneem.
Die
gedenksuil van die kerkhof is verskuif tot naby die gerestoureerde huis van die
kampsuperintendent.
Hier
word vandag elke jaar Geloftefees gehou en gedink aan die konsentrasiekamp en sy mense
wat, aan die einde van die oorlog, toe die laaste kampbewoners vertrek het terug na hulle
afgebrande huise en verwoeste plase, op die Uitenhage-konsentrasiekampterrein
'n groot tuin nagelaat het, vol groente wat nog nie ryp was nie.
***Die
inligting in hierdie artikel kom hoofsaaklik uit die boekie, Uitenhage Feesuitgawe 1972,
wat deur R du Plessis, JL Hattingh en PH Kapp saamgestel is. Die redaksie betuig ook dank
aan dr JEI de Swart vir sy hulp.***
|