Werfkaart
Konsentrasiekampe
Transvaal
OVS
Kaap
Natal
   
Sitemap
Concentration Camps
Transvaal
OFS
Cape
Natal

Concentration camps during the Anglo Boer War

     
LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief
NB: This site is part of ARKpark's archive

Hersien: 7 Februarie 2023 ** Revised: February 7, 2023

    

    

 

 Een en ander oor herdenkings

 

Skitterboek wat die Kleredrag tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902  herdenk

 
André Malan en Annemarié Carelsen gee met hierdie besondere boek 'n pragtige en volledige weergawe van die kleredrag van 100 jaar gelede met besonder mooi en duidelike foto's.
 


Kliek duimnael vir groter weergawe
Titel: Kleredrag tydens die
Anglo-Boereoorlog 1899-1902

Burgergevegsdrag, foddeflenters, velklere, "uitskudklere", geleende vere en krygsgevangenedrag word noukeurig beskryf en uitgebeeld.

Ook alles van die damesdrag: rompe, bloesies, hoede, kappies, manteltjies ensovoorts.

Die lekkerte van hierdie boek, is dat dit selfs die aanwysings gee van hoe die klere gemaak moet word, met patrone daarby.

Dit is 'n pragtige boek wat u kan bestel van Aksie Vrouekrag, Posbus 906623, Magalieskruin, 0150, teen sowat R25 plus posgeld.

 
Fotobyskrif: Op die voorblad van die boek verskyn die bekende skrywer, Gustav Preller (voor) en sy vriende, J du Toit, G Kemp en F Wolmarans, aan boord van die skip waarmee hulle as krygsgevangenes weggevoer is.
 
 
  • Waarom wil julle net altyd herdenk?

"Waarom wil julle net altyd herdenk?" So vra party mense.

Ons mag nie ons verlede vergeet nie, al was dit triomfantlik of smartlik.

Op 9 Oktober 1999 is dit presies 100 jaar gelede dat die Transvaalse Republiek dié ultimatum aan die Engelse regering gestuur het: "Trek weg julle troepe van ons grense af, anders is julle die oorsaak van 'n oorlog!"

En dit wás oorlog! Oorlog is altyd skrikwekkend, wreed, genadeloos, maar die oorlog van 1899 tot 1902 in Suid-Afrika was baie meer as dit; dit was barbaars met die bedoeling om die klein Boervolk wat God hier geplant het, totaal uit te wis!

 
  • "Wat wil julle nou in ons moderne tyd herdenk?"

 Die geloof, die strewe na vryheid, die krag, die dapperheid, die uithouvermoë, al die gebeurlikhede, oorlogsvernuf, heldedade, smart en lyding, verraad, van die volk waaraan u en ek behoort. Dit is geskiedenis van 100 jaar gelede!

Geen ander volk in die ganse wêreld het so 'n geskiedenis nie. En dit moet aan ons kinders vertel word. In die Gelofte van Bloedrivier is onderneem om die gebeure aan ons kinders te vertel! Die volle verhaal van die verlede moet van geslag tot geslag voortleef en ons geliefde volk versterk vir die oorloë wat mag kom!

Daarom herdenk, herdenk, herdenk ons met oorgawe en met dankbaarheid! Daarom leer ons uit en voel ons die verlede en stap reguit die toekoms in!

Datum en tyd: 9 Oktober 1999 om 17:00 by die Amfiteater, Voortrekkermonument

 
  • Wat trek ons aan?

Wat trek ons aan tydens die herdenkingsbyeenkomste?

Waar dit moontlik is, trek ons vroue ‘n romp en 'n bloesie aan, anders 'n rok.

Vir die geleentheid op 9 Oktober hoef ons nie ‘n kappie of hoed op te sit nie, want die verrigting vind grotendeels in die aand plaas.

Die mans kan kakie-of bruin klere dra, die dogters rokkies en die seuns drie kwartlengte broeke, as hulle het.

Datum: Ons sien mekaar op 9 Oktober 1999 in Pretoria en Bloemfontein!

U afspraak met u volk!

Trek saam by die Voortrekkermonument in Pretoria en Vrouemonument in Bloemfontein vir die herdenking van die grootste vryheidstryd in ons volk se geskiedenis. Verrigtinge begin om 17:00 op Saterdag, 9 Oktober 1999. Toegang is gratis; kleurprogramme kos R5 elk. Ons eer ons voorsate met volksvlae, vryheidsfakkels, sang en voordrag.
 

De Camp Courant
Op / Up
Erfenis
Hobhouse
Herdenking
Datums
Leesstof
Vryheidsembleem

 

•  • De Camp CourantOp / UpErfenisHobhouseHerdenkingDatumsLeesstofVryheidsembleem

 

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

piazza.arkpark.com

Swallow Software at swallowsoftware.arkpark.net
swallowsoftware.arkpark.net
Calgary, Alberta

ARK Webontwerp © 1998 - 2023
ARK Web Design © 1998 - 2023

Engel met God se Woord, die Bybel

Bekering

'n Christen…

Bybelteks

Bible Text