Werfkaart
Konsentrasiekampe
Transvaal
OVS
Kaap
Natal
   
Sitemap
Concentration Camps
Transvaal
OFS
Cape
Natal

Concentration camps during the Anglo Boer War

     
LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief
NB: This site is part of ARKpark's archive

Hersien: 7 Februarie 2023 ** Revised: February 7, 2023

    

    

 

 Die Vryheidsembleem

 
  • Beskrywing

Die embleem bestaan uit die Vrouemonument in die agtergrond, met 'n ruiterbeeld op die voorgrond. Hierdie beeldsamestelling word omsluit met die vlae van die Zuid-Afrikaansche Republiek aan die regterkant en die Republiek van die Oranje Vrijstaat aan die linkerkant. Die vlagstokke en gedenknaald van die Vrouemonument wys na 'n gemeenskaplike punt in die ruimte bokant die gedenknaald. Die vlae loop aan die onderkant van die beeldegroep ineen agter 'n lint waarop die leuse: Vir vryheid en vir reg vertoon word.

Twee variasies van die embleem is beskikbaar; een met 'n omranding bestaande uit 'n sirkel wat lui: Honderdjarige Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog, 1899-1902. So word die embleem aangewend as 'n geleentheidsembleem, spesifiek vir die honderdjarige herdenking van die oorlog.

Die tweede variasie bevat nie die omranding nie en vorm 'n tydlose vryheidsembleem, wat nie beperk is tot hierdie herdenkingsgeleentheid nie. Die simboliek bly in albei gevalle dieselfde.

 
  • Simboliek

Die Vrouemonument simboliseer die smarte, lyding en offers wat op die volksaltaar gelê is vir die vryheid van die Boerevolk. Dit stem ons ootmoedig en herinner die huidige geslag voortdurend aan ons verantwoordelikheid om trou te bly aan die strewe en ideale van hulle wat ons voorgegaan het.

Die ruiterbeeld versinnebeeld strydvaardigheid, geloof, hoop en toekomsgerigtheid - die voortgaande nastrewing van die nimmereindigende vryheidsideaal. Dit spoor ons aan tot daadkrag en roep ons op tot aksie en doelgerigtheid.


Kliek duimnael vir groter weergawe

 
Die vlae versinnebeeld die vrye Boererepubliek soos verteenwoordig deur die twee Boererepublieke wat die vervulling van die Voortrekkers se vryheidsideaal was.

Die rangskikking van die vlagstokke en die gedenknaald voer ons gedagtes na Bo vanwaar ons ons krag put.

Die leuse: Vir vryheid en vir reg was die leuse waarmee die burgers die Vryheidsoorlog aangebind het. Dit omvat in enkele woorde alles waaroor die stryd gevoer is en tot in ons dag voortduur.
 

 


Kliek duimnael vir groter weergawe

Vierkleure en Vrystaatvlae is by Aksie Vrouekrag se kantoor beskikbaar. Plaas u bestelling vroegtydig, want ons gaan ons vlae gebruik tydens die herdenkingsgeleenthede.

 

De Camp Courant
Op / Up
Erfenis
Hobhouse
Herdenking
Datums
Leesstof
Vryheidsembleem

 

•  • De Camp CourantOp / UpErfenisHobhouseHerdenkingDatumsLeesstofVryheidsembleem

 

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

piazza.arkpark.com

Swallow Software at swallowsoftware.arkpark.net
swallowsoftware.arkpark.net
Calgary, Alberta

ARK Webontwerp © 1998 - 2023
ARK Web Design © 1998 - 2023

Engel met God se Woord, die Bybel

Bekering

'n Christen…

Bybelteks

Bible Text