| 
	
		
			|  |  
			|  Lees en leef mee |  
			| 
				Die vrou in die Anglo-Boereoorlog 
				deur Pets Marais 'n Groot verskeidenheid nuwe boeke oor die Tweede 
			Vryheidsoorlog verskyn deesdae op die winkelrakke; pragtige, 
			waardevolle boeke wat ons weer opnuut trots op die 
			Afrikaner-navorser en -skrywer maak. So 'n boek is 
			Die vrou in die Anglo-Boereoorlog 
			1899-1902 deur Pets Marais.Die 
			skrywer gee vir ons in hierdie boek 'n alles-omvattende beskrywing 
			van die wese, karakter en lewenswyse van die vrou op die plaas en in 
			die dorp, die wegvoering na en die verblyf in die konsentrasiekampe, 
			asook die terugkeer van die wat die kampe oorleef het. Sy beskryf 
			die vroue van die joiners, uitstaande vrouefigure, vrouespioene… Dit 
			is 'n boek wat baie lekker lees.
 |  
			|  |  
			| 
				Kleredrag tydens die Anglo-Boereoorlog 
				1899-1902 deur A Malan en A Carelsen Hierdie boek gee 'n pragtige en volledige weergawe van die 
			kleredrag van 100 jaar gelede met besonder mooi en duidelike foto's. 
			Vir meer inligting sien:
			Herdenkings |  
			|  |  
			| 
				Tibbie deur dr. Elbie 
				Truter Tibbie deur dr Elbie Truter 
			vertel die lewensverhaal van Rachel Isabella Steyn, gewilde en 
			geliefde vrou van president MT Steyn van die Oranje-Vrystaat. In 
			hierdie lywige werk, waarvan meer as die helfte uit briewe bestaan, 
			maak die leser ook kennis met die persoon van president Steyn, en 
			die strewes van hulle tydgenote. Dit is tans een van die bes 
			nagevorste biografieë op ons winkelrakke! |  
			|  |  
			| 
				Mag ons Vergeet deur Mev 
				E Neethling. (Let wel: Hierdie boek is nie vir 
			diegene wat wil vergeet nie) |  
			|  |  
			| Die skrywer, prof Andries Raath, het besluit dat hy graag 
			saam met die Vrouegedenkboek 'n volledige lys van alle inwoners van 
			die 45 konsentrasiekampe landwyd, wil publiseer. Hierdie inligting 
			moet egter op rekenaar gesit word en daarvoor benodig hy persone met 
			draagbare rekenaars in Pretoria, die Kaap, Bloemfontein en Natal. As 
			daar iemand is wat hiermee kan help, skakel asseblief mev H Samuel 
			by (051) 436-3465 (Bloemfontein). |  
			|  |  |  | 
 
  
  
  
  
  
  
  
 |